Oor ons
Drie geslagte. Een plaas. Baie hout.
Van 'n klein houtkaggel in die kombuis tot 'n volledige hout-bedryf — hierdie is die storie van Die Vuurkamer.
Waar die hout vandaan kom
Ons sny en droog hout op ons eie plaas in die Oos-Vrystaat. Ons werk met inheemse karee en soetdoring vir braaihout, en oes bloekom verantwoordelik uit plaaslike lande vir kaggelhout. Niks kom van beskermde spesies of onwettige bronne nie.
Volhoubaarheid
Vir elke karee of soetdoring wat ons gebruik, plant ons weer aan. Ons werk saam met plaaslike boere om uitheemse bloekom uit riviere en lande te verwyder — dit help die waterlope én gee ons uitstekende kaggelhout. Lokaal is lekker, en volhoubaar.
Die familie
Ma en Pa begin die ding in die negentigs met 'n bakkie en 'n kettingsaag. Vandag ry ons drie vragmotors en 'n trekker, maar die hout word nog steeds by die hand gepak en die fakture word nog steeds aan die kombuis-tafel geskryf.