-
How much wood do I need for a braai?
Vir ‘n normale braai vir 4–6 mense is een klein sak (±15 kg) genoeg — jy kry ongeveer twee uur se kole daaruit. Vir ‘n langer braai of groter groep, vat liewer ‘n medium sak. As jy ook gaan potjie of roosterbrood maak, voeg nog ‘n halwe sak by.
-
How dry (seasoned) is your wood?
Ons hout word vir minstens 12 maande onder afdak gedroog, en ons toets die vog-inhoud met ‘n meter voordat dit uitgaan. Braaihout is onder 20% vog; kaggelhout is onder 18%. Dit beteken skoon rook, minder roet in jou skoorsteen, en meer hitte per sak.
-
Can you stack the wood for me?
Ja — ons bied ‘n stapel-diens teen ‘n klein ekstra fooi. Ons stapel dit netjies onder jou afdak of langs jou kaggel sodat dit droog bly en mooi lyk. Gee ons net ‘n heads-up wanneer jy bestel sodat ons tyd kan uithou.
-
Is there a minimum order?
Vir aflewering binne ons kern-areas is daar geen minimum nie — een sak braaihout word gelewer. Vir verder-uit roetes (buite-dorpe en plase) vra ons ‘n minimum van 1 ton sodat dit die rit regverdig. Kom kyk op die Delivery bladsy vir jou area se besonderhede.
-
How do I pay?
Jy kan met SnapScan, Yoco (kaart of EFT) of direkte bank-EFT betaal. Ons stuur jou ‘n bevestigings-WhatsApp met ‘n betalings-skakel sodra jou bestelling gereed is. Kontant op aflewering is ook reg — bel ons net vooruit.